KUNSTEFEES 2016

Op 12 en 13 Mei is ‘n baie geslaagde kunstefees aangebied.  Vreeslik baie van ons leerders het aan die fees deelgeneem :  as akteurs, klankmanne/vroue, beligtingsmense, lokaalbestuurders, skoonmakers van lokale ens. Ander leerders het weer plakkate gemaak en ‘n rol by reklame gespeel.  Die graad 12-klas het, saam met ‘n vertoning deur Emo Adams, die fees laat afskop. Elke graad het ‘n klasproduksie gehad.  Sommige grade het meer as een produksie gehad.  Me Marais het ‘n musiekproduksie aangebied.  Daar is ook 2 produksies deur oudleerders aangebied:  Marize Hayes en Anine Engelbrecht (ballet).  Die revue-hoofproduksie, EN TOE WORD ONS GROOT, is deur Geesje Raubenheimer, Fienie Steyn en Sonja Tipps afgerig.
Elke graad bied ook verskeie produksies aan wat deur die loop van 12 en 13 Mei by elke klaskamer te sien sal wees. Die produksies kos almal R5 – R7. Dit beloof om ‘n prettige geleentheid te wees met ‘n produksie vir elkeen se smaak!
Hier is ‘n voorsmakie van elke produksie:
Legend of Tim Sandy deur die Dramagroep.
“Tim Sandy has met the love of his life, but when he bumps into Mighty Mitchell and the muscle mob he realises he needs to step up his game! Will Tim win the heart of Doloris or will Mighty Mitchell beat him to it?”
Once upon a time (Graad 9’s)
Once upon a time is the tragedy of Romeo and Juliet turned into a comedy with Snow White, Cinderella and Rapunzel. Romeo is portrayed as a heartbreaker who enjoys playing with girls’ emotions but soon learns that the truth always comes out…
Op jou spoor (Graad 11)
Die inwoners van ‘n gelukkige dorpie Hoopsburg word geskok deur
misterieuse moorde. Speurder Moses en Liesbet probeer die
maniak opspoor. Sal hulle egter die slagter vind of self ‘n teiken word?
Ensemble (Juffrou Elsa Marais)
Hierdie produksie behels duetspel, solo’s, klavier en blokfluit,sanggroepe asook koor optredes. Die beste talent van ons musiekleerlinge in ‘n verskeidenheid van style!
Sotteskok (Graad 8’s)
Die graad 8’s kom selfvoldaan in die Hoërskool aan, maar die werklikheid tref hulle gou in sotteskok. Hulle besef om groot te word is so tussen-in. Grootmensdinge is nog ver– Kinderdinge word min!
Johanna o Johanna (Graad 11)
Dis absolute chaos as Johanna, wat ‘n man is met ‘n vrouenaam, in ‘n vrouekoshuis geplaas word. Johanna, die man, word vermom om hom ‘n vrou te maak…Nog ‘n groter chaos.
‘n Wêreld sonder mans (Graad 11)
In ‘n wêreld wat gewoonlik deur mans georganiseer word, het ‘n paar vroue besluit genoeg is genoeg. ‘n Knoppie word gedruk en skielik verdwyn alle mans…
Dinge van ‘n kind (Graad 12)
Grootword is ‘n realiteit. Dalena en Mart beleef die grootmenswêreld intens. Swangerskap kom klop aan die deur. Het ek regtig oorgeslaan? Aborsie? Hoe steek ek dit weg? Die mans beleef nog die “army-toe-gaan-jare”. Vir hulle is die grens en doodgaan (en swanger wees) ‘n realiteit.
(Nie ‘n vertoning vir kinders nie)

m_Picture6 m_Picture7 m_Picture8
Ek wens ek was goed genoeg (Deur Marize Hayes)
Hierdie produksie gaan oor die dieper hartsbehoeftes van die mens.
“Hulle sê…jy wonder…God weet!” Daar is niks so seer soos woorde wat jou breek van diep binne nie. Dan wonder ek : ”Is ek goed genoeg…?”
Die Appel (Graad 10)
Kan ‘n appel kuns wees? Wat is kuns? Wie se opinie is reg as dit by kuns kom? Die Appel is ‘n lewendige en oordrewe kykie na die interpretasie van kuns en almal se siening daarvan.
Mev Madam se interview (Graad 9)
Mariaan is ‘n ryk huisvrou wat onlangs in haar 5-slaapkamer “mansion” ingetrek het. Haar vriendin Linda ondersteun haar in haar soektog na die perfekte huishulp.
Pret met die prinses (Ballet)
In die Koninkryk van liefde en dans woon daar ‘n feeprinses wat dol is oor dans. Sy hou graag danspartytjies in die kasteel en nooi almal om saam met haar haar liefde vir dans te deel…
En toe word ons groot (Graad 9-12)
‘n Heerlike revue vol woorde en musiek wat die lewe se grootword uitbeeld. Saam met grootword, gaan ook ongelooflike kompetisie gepaard. Moenie hierdie heerlike ontspannende toneel misloop nie!

IMG-20160411-WA0000

Kunstefees 2016 Openingsaand met EMO ADAMS!
Woensdag 11 Mei 2016 nooi Hoërskool Swellendam jonk en oud uit na ‘n jolige afskop van die tweejaarlikse kunstefees se openingsaand om 19:00 in die hoërskoolsaal. Ons gaskunstenaar is niemand anders as Emo Adams! Die hoërskool en laerskoolkore gaan ‘n geleentheid kry om ‘n paar liedjies saam met Emo te sing waarna hy ‘n konsert op sy eie aanbied. “Waar’s dit lekker?” Moenie twyfel nie…hier op Swellendam natuurlik! Kaartjies @ R100 is te koop by mev. Van der Merwe ( finansiële kantoor van hoërskool) of by die kultuurkomitee-lede asook by juf Mirizc Nortjé van die laerskool. Koorlede (met 100% bywoning van kooroefening) kry gratis toegang. Moenie te laat wakker skrik nie. Sitplekke is beperk en geen kaartjies gaan by die deure verkoop word nie. Vir navrae kontak Juf. Mouton.