MATRIEK 2014 UITSLAE

 MATRIEKUITSLAE – 2014
baie geluk aan al ons matrieks met julle uitstekende resultate.  ons is trots op julle!!
55 MATRIKULANTE

100 SLAAGSYFER
5 A – GEMIDDELDE KANDIDATE; 5 B – KANDIDATE; 21 – C KANDIDATE
78,2 % SLAAG MET MATRIKULASIEVRYSTELLING
61,98 % KLASGEMIDDELD55 VAKONDERSKEIDINGS 

Baie geluk aan die volgende leerders met hul onderskeie vakonderskeidings:
                   –  7 x Onderskeidings:    Sybrandt du Preez (87,7%) – Dux  – leerder
                   –  6 x Onderskeidings:    Annalize Wiese ( 81,2  % )
                   –  5 x Onderskeidings:   Barbara le Roux ( 86,5 %), Dewan Smit ( 82 % )
                   –  4 x Onderskeidings:   Moné Smit ( 80,2 % )

TOEKENNING

TOEKENNING1

 SWELLIES PRESTEER
Gedurende die jaarlikse Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen (NSS) Prysuitdeling van die Overberg Onderwysdistrik wat op 7 Februarie 2015 plaasgevind het, het Hoërskool Swellendam hulself goed van hul taak gekwyt.
Sybrandt du Preez het die prys behaal vir die top presteerder in sy skool en Jessica Lotz het die Spesiale Direkteurs    Toekenning vir toegewydheid verwerf. Sybrandt het ook die prys gekry vir die toppresteerder in Wiskunde, Fisiese   Wetenskap, Rekeningkunde en Ingenieursgrafika en –ontwerp in sy skool. Barbara le Roux het die prys ontvang vir die toppresteerder in Afrikaans en Engels Huistaal. Zanýe Flynn het die prys gekry vir die toppresteerder in Rekenaar Toepassing Tegnologie. Sybrandt du Preez het ’n toekenning ontvang vir die beste prestasie in Ingenieursgrafika en –ontwerp in die hele Overberg distrik, met 98%.
Hoërskool Swellendam het ‘n toekenning gekry vir ‘n uitstekende prestasie in hul algehele uitslae, met ‘n 100% slaagsyfer en 78,2% van die leerders het met matriekvrystelling geslaag.
Hierdie bewys weereens vir elke Swellendammer dat Hoërskool Swellendam ‘n skool is wat uitmuntende akademiese prestasies lewer en dat ons vir géén ander skool terug hoef te staan nie. Ons skool is tops in akademie, bied jou kind die geleentheid om vanuit sy ouerhuis aan ‘n wye verskeidenheid sporte deel te neem en om pragtige, veilige sosiale aktiwiteite by te woon. Baie geluk aan ons 2014 matrieks.

 


 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

LITNUM-TOEKENNINGS
Hoërskool Swellendam het die volgende pryse ontvang by die Geletterdheid en Gesyferheid seremonie, vir uitslae van die graad 9’s van 2013 se sistemiese toetse.  Al die skole in die Overbergstreek was betrokke by die toetse.
2de plek:         Algehele verbetering van uitkomste in Wiskunde en Tale
3de plek:         Algehele uitnemendheid van uitkomste in Wiskunde
3de plek:         Uitnemendheid van uitkomste in Taal
2de plek:         Uitnemendheid van uitkomste in Wiskunde

IMG_3507

Recent Posts