SKOOLTASSE

Ons het ons skool se skooltasse vir 2015 gestandardiseer.  Ons het navorsing gedoen rakende skooltasse wat duursaam is asook geskik is om die skool se handboeke, werkboeke en skryfbehoeftes te beskerm.

Daar is 3 voorstelle van tasse wat aangekoop kan word.  Tans word die tasse deur  leerders in die skool gebruik.  Die tasse is van ‘n goeie gehalte, is bekostigbaar en het oor die bestek van ‘n jaar goed gehou, weens die feit dat hul met sorg gehanteer was.

Ons wil die volgende 3 tasse voorstel.
A20140731_100817Posture Pro rugsak wat spesiaal ontwerp word om leerders se postuur en kroniese pyn simptome (voete, rug, nek en skouers) te ondersteun. Die tas is tans beskikbaar by SSK Landmark.  ‘n Skoolwapen kan ook op die voorkant van die tas aangebring word.  Vir verdere navrae skakel Mnr Johan Stander by SSK.

B.20140731_100642 Beskikbaar by De Jagers takke, asook Handelshuis Riversdal.

Tas by De Jagers kos R265.00

 

C.20140729_154019 1 Augustus 2014

Beskikbaar by De Jagers takke (R299.00), Checkers, Makro en Game.

Baie leerders maak tans gebruik van Billabong, Lizard, Volcom en ander sakke.  Die pryse van hierdie sakke wissel tussen R450 en R700. Ons wil hierdie skooltasse standardiseer en stel 3 tasse aan u bekend wat voortaan vir alle graad 8 leerders, asook graad 9-12 leerders wat nuwe skooltasse moet aankoop as verpligtend.