SKOOLKLERE

20180213_115839DOGTERS: 
Someruniform:
– Vlootblou skoolrok
– Wit hemp – Moulose oortrektrui
– Skoolbaadjie / skooltrui
– Skooldas
– Swart gespe skoene
– Slegs wit enkelsokkies mag gedra word,  ( Nie sportsokkies)

Winteruniform:
– vlootblou skoolrok of grys skoolbroek
– wit hemp
– skooldas)
– swart kouse by skoolrok en grys sokkies by       grys skoolbroek
– skoolbaadjie en/of skooltrui

SEUNS:
Someruniform:                                                          
– Grys skoolbroek (kort- of langbroek) NB!! langbroeke met belt/gordel (bruin of swart) met geen opsigtelike gespes
– Kort grys sokkies by langbroek / Lang grys sokkies by kortbroek
– Wit hemp met kraag
– Moulose oortrektrui
– Skoolbaadjie / skooltrui
– Skooldas
– Swart toeryg skoene  – Skoene mag geen gekleurde stiksel hê nie, bv. wit of geel stiksel

Winteruniform:
– Grys skoolbroek (kort- of langbroek) NB!! langbroeke met belt/gordel (bruin of swart) met geen opsigtelike gespes
– Wit dashemp met skooldas
– Kort grys sokkies by langbroek / Lang grys sokkies by kortbroek
– Skoolbaadjie / skooltrui

*Skooltasse is gestandardiseer en kan by De Jagers of SSK aangekoop word.

FORMELE SKOOLDRAG:  BAADJIE EN DAS IS MAANDAE VERPLIGTEND

LEWENSORIËNTERING EN WATERAKTIWITEITE
Gedurende die eerste kwartaal is ons bevoorreg om die swembad vir prakties te gebruik.  Die volgende praktiese reëlings moet asseblief nagekom word:  ons vra dat die dogters met ‘n eenstuk “navy” of swart swembroek sal swem.  Dit is die gewone gala-swembroek wat by Ackermans en Woolworths se skoolklere-afdeling te koop is.  Dit is ook belangrik dat hulle met ‘n swempet sal swem.  Dit is ook beskikbaar by sportwinkels.  Daar sal in Januarie swempette by die skool beskikbaar wees, teen ± R35, vir die gewone Latex en ± R55,  vir die duurder silikon een. Die seuns mag in ‘n “navy” of swart swembroek swem.  Kinders moet ook hul eie swemhanddoek bring.  Ons wil graag die regte swemkultuur by ons leerders kweek vir die toekoms.
Ons swemgala vind plaas voor die kleuresport.  Hiervoor is bogenoemde in elk geval nodig.  Niemand moet inskryf wat nie kan swem nie.  Dis op eie risiko en ons wil hê die ouers moet hiervan kennis dra.  Daar sal slegs een lengte vryslag geswem word en dan sal daar ook aflos wees.  Ons sal die opname van wie wil deelneem die eerste dag van die nuwe jaar doen.

Onthou, in die LO-praktiese klasse is daar nie swemafrigting nie.  Dis wateraktiwiteite waarvoor die leerders ook geassesseer word.