KRIEKET

O/15 KRIEKET
Die span het die kwartaal 2 wedstryde gespeel en ongelukkig albei verloor. Hier is die besonderhede:
25 Oktober teen Hoërskool Robertson (tuis): Ons verloor met 83 lopies
1 November teen Swellendam Sekondêr (weg): Ons verloor met 5 paaltjies
Hiermee wil ek graag vir mnr. Cornelissen as krieket-koördineerder bedank vir sy moeite met ons wedstrydbepalings die jaar en sy algemene bystand. Ook aan Franco van Loggerenberg wat gehelp het met ons oefeninge in die afgelope kwartaal ’n groot dankie. En baie dankie aan Granthim Mert (kaptein) en Grandley Booise (onder-kaptein) vir hul leierskap die afgelope seisoen.

O/19 KRIEKET
Die 2018/2019-krieketseisoen het hierdie kwartaal afgeskop met so paar hakplekkies, maar ons het dit uitgesorteer en is aan die gang.  Ons boulmasjien is weer reg en ‘n mens kan die verbetering sien in die seuns se kolfvernuf.  Graag nooi ek elke Swellie uit wat kan/wil krieket speel om by ons aan te sluit vir oefening volgende jaar.  Mnr. Janse van Rensburg gaan die O/15’s afrig. Mnr. Cornelissen gaan die O/19’s afrig en mnr. Van Deventer sal die dogters afrig.  Oefentye sal volgende kwartaal bevestig word.
O.19 Krieket het op 18 Oktober teen SS gespeel en op 22 Oktober teen Worcester Hub. Ongelukkig verloor ons, maar dit was nogtans goeie wedstryde om te kyk.

44703434_1898461346885656_5921927570881773568_o

O/15 KRIEKET
Granthim Mert is as kaptein en Grandley Booise as onder-kaptein aangewys. Die span het ’n baie uitdagende seisoen agter die rug. Hul het 4 wedstryde gespeel: teen Drostdy, Swellendam Sekondêr, Montagu en Robertson. Ten spyte van individuele hoogtepunte het die span al hul wedstryde verloor. Kom ons vertrou dat ons die jaar in die 4de kwartaal op ’n hoogtepunt sal afsluit. Weereens baie dankie aan Simon van der Merwe vir sy kosbare hulp met die afrigting van die span.

0/19 – KRIEKET
Krieket by die skool is besig om ‘n oplewing te beleef, met rekord getalle wat opdaag by oefening vir seuns en dogters.  Ons kon die seisoen ons boulmasjien ook ten volle gebruik, wat nogal ‘n lekker verbetering in die seuns se spel te weeg gebring het.

Wedstrydgewys was daar ‘n paar naelbyters vir O/15 en O/19 seuns.  Die seisoen is egter op ‘n hoogtepunt afgesluit met die O/19 seuns wat die jaarlikse aand-wedstryd teen Montana gewen het in ‘n baie oortuigende oorwinning.  Die dogters het egter hierdie seisoen gebruik om net te oefen en te bou aan hulle tegniek.  Hulle sal dan aan die einde van die jaar weer kans kry om wedstryde te speel.

Dankie aan elke speler wat sy of haar tyd opgeoffer het op die krieketveld.

SWELLIE-KRIEKETSTERRE SKITTER
Op 29 Januarie het Wilfred Sefoor en Jacques Carolus krieketproewe vir die O/17 Noord-Bolandspan te Worcester gaan speel. Daar is ‘n span van 13 gekies wat Wilfred en Jacques insluit. Hulle het die afgelope naweek (24 & 25 Februarie) ‘n verdere twee wedstryde gespeel om te kwalifiseer vir ‘n Boland-groep. Ons wil net baie geluk sê aan Jacques en Wilfred vir hul besondere prestasie. Ons hou duimvas vir Boland!

Wilfred en Jacques

Wilfred en Jacques

KRIEKET 

Donderdag (22 Februarie) het ons O/15 span teen Montagu gespeel. Hulle het ongelukkig verloor, maar het darem baie ondervinding opgedoen en ons glo en vertrou dat hulle reg is om Robertson aan te pak. Ons is nogtans trots op julle, Swellies. Vasbyt!

SWELLIE-KRIEKET VEG VOORT (Nicolette Jacobsz)
Swellies se O/15 krieketseuns het op Donderdag, 8 Februarie, die skool se naam hoog gehou toe hulle die stryd teen Drostdy aangedurf het. Beide spanne het fenomenale spel gelewer en ons is steeds trots op die Swellies, al het hulle ongelukkig nie hierdie keer gewen nie. Dit was immers ‘n wedstryd om op trots te wees. Soos Hoërskool Swellendam se leuse sê: Altiora Semper – Altyd hoër.

 IMG-20180221-WA0001

IMG-20180207-WA0008 IMG-20180207-WA0009

IMG-20170222-WA0003 IMG-20170222-WA0004 IMG-20170222-WA0005