WORLDGAMES

WORLD GAMES

Na ‘n bedrywige somersportprogram vir atlete en tennisspelers, het die wintersport afgeskop met ‘n heerlike geesbougeleentheid op Woensdag, 20 Maart.
Leerders is in spanne wat Engeland, Suid-Afrika, Jamaika, Nieu Zeeland, VSA en Australië verteenwoordig het, ingedeel. Elke span het uit 36 lede bestaan en daar is op die netbalbaan, hokkieveld en rugbyveld meegeding.
Almal het hul gate uit geniet en die wenners van die dag was:
Netbal: Engeland
Hokkie: Jamaika
Rugby: VSA
Aan die heerlike gees wat op en af van die veld geheers het, weet ons almal sien uit na ‘n heerlike wintersport seisoen! Dasse, ons is oppad!