SKOOL VERJAAR

SKOOL SE VERJAARSDAG

Die skool se jare stap aan en die wysheid volg. Hoërskool Swellendam het op 5 Maart sy verjaarsdag gevier. Die leerders kon nie wag vir pouse om aan te breek, sodat die gehardloop na die beste sitplekke op die groen gras agter die Skeinat klas kon begin nie. Almal het daar bymekaar gekom onder die gespeel van lewendige, geesdrifitge musiek. Dit was ‘n jolige geleentheid en elke leerder het dit terdeë geniet. Elke leerder kon sy eie piekniekmandjie pak en so het die mandjies oorgeloop van allerhande lekkernye. Die Springmielies het gewaai, die rokke geswaai en die leerders het die aanstap van nog ’n jaar gevier. Die skool staan al jare vier en regop, trots om hier op Swellendam te wees en sy trotse leerders elke dag ’n bietjie wyser te maak.