KOOR

koorTYDENS KOMPETISIE: SING IN HARMONIE

Oefeninge geskied op Maandae vanaf 14:00 tot 15:00 onder leiding van Me. Elsa Marais.Georganiseerde, formele koorsang sterf uit in skole en ons kan dit nie toelaat dat die onskatbare talent van ons leerders verlore gaan nie.

KOMPETISIE
Hoërskool Swellendam se koor het vanjaar deelgeneem aan kykNET se kooraanbieding, “Sing in Harmonie”. Hierdie geleentheid word vanjaar vir die eerste keer vir Hoërskool Swellendam aangebied. Hoërskool Swellendam is een van vier skole in ons streek wat genader is om deel te neem. Die gebeurtenis vind ook die eerste keer in die Wes-Kaap plaas met Hennie Loock (Tygerberg-Kinderkoor) aan die stuur van sake. “Sing in Harmonie” gee vir ons skool ‘n unieke bemarkingsgeleentheid. Daar word twee liedere van die koor verfilm en dit vind in die tweede kwartaal plaas. Die opname word dan op kykNET uitgesaai. Presiese datums sal nog bekend gemaak word.

MELODIESE  BIDUUR                                                   

Woensdag, 30 Januarie 2019, het 45 van Hoërskool Swellendam se koorlede, onder leiding van Mev. Elsa Marais, in Swellendam se NG kerk tydens die biduur gaan sing. Die koor het twee liedere gesing en die betowerende sang het baie kerklede aangeraak. Ons wil baie dankie sê vir die koorlede wat moeite gedoen het om die biduur by te woon en op te tree, asook Mev. Marais wat die koor foutloos begelei het. Swellies ons kan nie wag vir die volgende optrede nie, wel gedaan!