MATRIEK 2015

uitslae 2015

Dux-leerder 2015
Al die swoeg en sweet gedurende die 2015-eindeksamen was die moeite werd en Hoërskool Swellendam is ongelooflik trots om te sê dat Petrus Haasbroek, met 6 onderskeidings en ‘n gemiddeld van 88,5%, die Dux-leerder van 2015 is.Harde werk is beslis die sleutel tot sukses
Petrus was ‘n topstudent wat op kulturele- , akademiese-, en sportgebiede presteer het. Ons wens hom alle sterkte toe met sy studies en pad vorentoe. Altiora Semper!

Matrieks 2015 presteer uitsonderlik
Dit is vir Hoërskool Swellendam ‘n groot eer om die matriek- uitslae van 2015 bekend te stel. Daar was 76 matrikulante waaruit daar agt A-gemiddelde kandidate, 12 B –gemiddelde kandidate en 19 C-gemiddelde kandidate was. Van die
matriek groep slaag 80% met matrikulasievrystelling,
waarvan vyf kandidate ‘n gemiddeld bo 85% behou. Die volgende paar leerders het ook uitstekend gevaar:
Petrus Haasbroek, 2015 se Dux-leerling , behaal ‘n gemiddeld van 88,5% met 6 onderskeidings.
Dawid-Ben Saayman (88,16%) met 8 onderskeidings;
Marcelo Cardoso (88%) met 7 onderskeidings;
Daniel Joubert (87,83%) met 7 onderskeidings;
Stefan Marais (85,18%) met 6 onderskeidings;
Kobus Lubbe (83,83%) met 6 onderskeidings;
Amy Jansen (82,67%) met 5 onderskeidings;
Stéan du Toit (81,8%) met 5 onderskeidings.
Altesaam het die klas 101 vakonderskeidings behaal asook ‘n klasgemiddeld van 61,55%. Hierdie klas behou ook op die ou end ‘n slaagsyfer van 98,68%.
Al die lang ure agter die boeke het beslis vrugte gewerp en namens alle Swellies wens ons julle hartlik geluk met die besonderse prestasie. Sterkte met julle pad vorentoe — ons is trots op julle!

MATRIEKS 2015 LAASTE DAG

12107837_10153343582449585_2297194803488713774_n 12107795_914817141916753_2928625873082628564_n 12088590_914817168583417_4228395955766482689_n 12088366_914817195250081_7559808223255624745_n 12074789_440544302816234_4707223377539072767_n