AKADEMIESE GALA-AAND

AANGENAME AKADEMIESE AAND  2018
Op Vrydag, 9 Februarie, is Hoërskool Swellendam se toppresteerders, hul ouers en onderwysers heerlik bederf by die jaarlikse Akademiese Gala-aand. ‘n Smullekker driegang-maaltyd is aan hulle voorgelê te danke aan me. Monica Cloete se vaardige handewerk en hulle is deur flukse Graad 8 – 10 leerders bedien gedurende hierdie geleentheid.
Die top 5 leerders van die juniorgrade en top 10 leerders van die seniorgrade wat tydens 2017 se November eksamen presteer het, is beloon vir hul harde werk en verder deur prof. A. Cluver gemotiveer om daarmee vol te hou.
As gasspreker vir die aand het hy die leerders meer vertel van die konsep ‘Fokus’, wat

dan ook as die skool se jaartema vir 2018 dien. Hy het 6 duidelike stappe gedeel wat sal help met konsentrasie en een van die stappe is o.a. dat jy selfdissipline moet toepas deur jou gedagtes te orden. Dit sal help dat jou aandag minder afgetrek word – hy gaan so ver om te sê dat jy enige iets wat jou aandag aflei ‘n naam moet gee, moet aanspreek en jou dan fisies moet voorstel hoe jy van daardie gedagte ontslae raak.
Baie dankie aan diegene wat hierdie ongelooflike aand moontlik gemaak het – o.a. mnr. Pelser wat baie van die reëlings getref het en mev. Tania Pelser wat as fotograaf vir die aand opgetree het. ‘n Spesiale dankie ook aan prof. Cluver, wat die moeite gedoen het om die leerders en hul ouers te kom toespreek asook me. Cloete vir die heerlike geregte wat sy voorberei het.
Sterkte aan elke leerder vir die jaar wat voorlê – mag julle steeds aanhou om d.m.v. harde werk en behoorlike fokus sukses te behaal!  (foto’s verskaf deur Mev T Pelser)

Toppresteerders van graad 12

Toppresteerders van graad 12

Graad 11's van 2017 se top 10

Graad 11’s van 2017 se top 10

Graad 10's van 2017 se top 10

Graad 10’s van 2017 se top 10

Graad 9s van 2017 se top 5

Graad 9s van 2017 se top 5

Gasspreker, Prof Cluver

Gasspreker, Prof Cluver

Graad 8's van 2017 se top 5

Graad 8’s van 2017 se top 5