ANDER NUUSGEBEURE

KLARA VAN NIEKERK PRESTEER
Klara van Niekerk, graad agt leerder van Hoërskool Swellendam, het omtrent die skool, dorp en nou ook televisie aan die gons!
Sy het verlede jaar deelgeneem aan die WOW (Woorde Open Wêrelde) Spelkompetisie wat ‘n jaarlikse inisiatief van Stellenbosch Woordfees is. Sy het gedurende haar laerskool loopbaan aan Laerskool Swellendam 3 jaar in ‘n ry aan die kompetisie deelgeneem en in 2016 ‘n 2de Nasionale plek verwerf. Sy moes aan 56 rondtes spel
deelneem en van haar wooorde was: ”Oos- Kaapprovinsie, orangoetang, honneursgraad, holderstebolder, onhigiëniese ens. Kort na haar deelname in Stellenbosch het Homebrew films haar genader om op die televisie speletjies
program “Op Die Spel” deel te neem. Dit was in Johannesburg by STARK studios verfilm en is op Maandag 15 Februarie op KykNet uitgesaai. Sy het beslis van hierdie geleentheid die beste gemaak en van daar was dit net ligte, kamera, aksie! Ons is baie trots op Klara en hierdie fantastiese prestasie!

SWELLIE-SPORTKUSSING Daar is ‘n Swellie-sportkussinkie by die skool te koop.

OUD-LEERDERS EN SWELLENDAMMERS Oud – Swellies is vir ons skool belangrik en ons is baie trots op hul vordering in die samelewing. Ons doen ‘n beroep op ouers .

MY SCHOOL MySchool Help om HS Swellendam se finansies ‘n hupstoot te gee sonder dat dit jou ‘n sent kos!   Kry die MySchool Ondersteuningskaart Aansoekvorm  by die skool.

MEDIKASIE Ouers moet asseblief op die volgende let:  Die skool word deur die Onderwysdepartement verbied om medikasie aan leerders te verskaf.  Derhalwe moet u asseblief sorg dra dat, indien u kind chroniese medikasie benodig, soos bv. ‘n asma-pompie, u kind dit ten alle tye by hom/haar moet hê.

EIE WEERSTASIE
‘n Groot gebeurtenis het plaasgevind… en ook net by Hoërskool Swellendam! Ons hoërskool is gekies as ‘n punt in die area wat sal optree as ‘n weervoorspellingspunt. ‘n Weerstasie is finaal opgerig

weerstasie2aangekoop wat dit moontlik maaweerstasie1k om vir meer dorpe te voorspel. Deel van die sagteware is dat ‘n dorp in ‘n area gekies word wat as sentrale verwysingspunt vir die betrokke area dien. Swellendam is gekies om as voorspellingsverwysingspunt te dien.”