VAK UITSTAPPIES

LEWENSWETENSKAPPE
Dertig graad 10-Lewenswetenskappe-leerders het die voorreg gehad om die Mediese Morfologiese Museum te besoek.  Hul is op ‘n begeleide toer deur die Mediese Museum waar hul onder andere die fases van swangerskap, misvorming tydens swangerskap en die effek van die gebruik van alkohol, sigarette en dwelms op die fetus kon sien.  Hul kon ook sien hoe lyk kankergewasse, die effek van beroerte en hartsiektes, sowel as ‘n wye verskeidenheid ander interessante mediese verskynsels.

Hul het ook ‘n lesing in die dissekteerlokaal op kadawers bygewoon waar hul al die organe en hul funksies kon besigtig.  Hier het ‘n nagraadse student ‘n baie interessante demonstrasie gehad en ek is seker leerders het met ‘n baie goeie begrip van die menslike liggaam en sy werking daar uitgestap. Die derde demonstrasie was oor die skelet.  ‘n Uiters leersame lesing deur ‘n nagraadse student met ‘n baie fyn humorsin wat sal verseker dat die fyn detail oor die skelet altyd onthou sal word. Dit was vir my ‘n voorreg om hierdie leerders te neem. Hul was werklik ambassadeurs vir ons skool – nie net was hul gedrag onberispelik nie, hul het ons beeld uitgedra met hul goeie antwoorde in die verskeie lesings en demonstrasies.

Ek glo dit was ‘n leersame ondervinding vir elke leerder betrokke en is oortuig dat leerders daaruit stap met net groter waardering vir lewe en gesondheid.  Baie dankie aan mev. Theresa Crafford (para-medikus) dat u u dag opgeoffer het om saam te gaan en te help met die toesig van leerders.

Graad tien Lewenswetenskappe uitstappie
Op Donderdag, 11 Augustus, het 13 leerders op ‘n uitstappie na Bettiesbaai gegaan. Die dag het begi met ‘n stappie deur die Red Disa tuin en ‘n besoek aan die
waterval. Daarna het leerders verskeie stasies bygewoon om hulle meer te vertel van al die verskillende beroepe
waarvoor jy Lewenswetenskappe kan gebruik.
Dit was ‘n baie insig-gewende en leersame ondervinding en leerders het dit vreeslik geniet. Baie dankie aan Mev. C. Le Roux wat alles georganiseeer het en die leerders vergesel het. Dit was ‘n ervaring duisend!

IMG-20160811-WA0001 IMG-20160811-WA0002 IMG-20160811-WA0003 IMG-20160811-WA0004 IMG-20160811-WA0005 IMG-20160811-WA0006 IMG-20160811-WA0007 IMG-20160811-WA0008 IMG-20160811-WA0009 IMG-20160811-WA0010 IMG-20160811-WA0011 IMG-20160811-WA0012 IMG-20160811-WA0013

NOTHING BUT THE TRUTH

13164286_1021030041295462_5133466356770827876_n 13179415_1021031607961972_4076387909901719857_n

OTHELLO UITSTAPPIE :  09 FEBRUARIE 2016

IMG-20160210-WA0000 IMG-20160210-WA0001 IMG-20160210-WA0003 IMG-20160210-WA0004 IMG-20160210-WA0005

2015
Lewenswetenskap Uitstappie
Op Woensdag 28 Oktober was 80 graad tien en elfLewenswetenskap leerders bevoorreg genoeg om die Mediese Morfologiese Museum by die Tygerberg Kampus van die Universiteit van Stellenbosch te besoek.
Daar het hulle die geleentheid gehad om die mediese wêreld te betree. Hulle is in drie groepe verdeel en deur mediese studente en ander personeel begelei. Eerste op die lys was ‘n ondersoek op die kadawers waar hulle al die liggaamsdele en  veral die ingewande en spierweefsel van naderby kon beskou! Alhoewel dit ’n baie leersame lesing en demonstrasie was, was sommige bly om na die volgende uitstalling aan te beweeg.
Die volgende was ‘n skelet uitstalling. Die dosent wat dit aangebied het was uitstekend. Hy het op die vlak van ons tieners gepraat en almal het heerlik gelag vir sy kwinkslae. Hulle het ook baie meer algemene kennis van die menslike liggaam opgedoen en almal kan nou tussen al die bene onderskei!
Die laaste sessie was die morfologiese museum – hier het hulle die ontwikkeling van ‘n fetus gesien vanaf sewe dae tot geboorte. Hulle het ook na verkseie fetuses gekyk wat misvormd was as gevolg van verkeerde medikasie, alkohol, verdowingsmiddels ens. Hulle het ook gesien hoe lyk ‘n Siamese tweeling.
Hulle het verder gekyk na wat die effek van ‘n beroerte op jou brein is, hoe lewersirose lyk, wat rook aan die longe doen asook die skrikwekkende effek van tik op die brein en ook op die ontwikkeling van ’n fetus. Daar was talle ander uitstallings, te veel om op te noem.
Die graad tien en elfs moedig almal aan om dit beslis te besoek, want dit is regtig ’n wonderlike en leersame ervaring.

 

SPARTACUS
‘n Groep kultuurliefhebbers, dans-entoesiaste (en gevolglik omtrent die hele CALM-club) het op 25 Junie die KunsteKaap-teater besoek vir ‘n formidabele dansopvoering, genaamd Spartacus.  Hul kon meer leer oor alles wat agter die skerms plaasvind en die Kaapse Philharmoniese orkes in al sy glorie waardeer! Dankie aan elke ouer wat gehelp het met vervoer om hierdie uitstappie moontlik te maak.

Skeinat uitstappie is een om te onthou
‘n Groep graad tien, elf en twaalf leerders het op Dinsdag 20 Oktober een van Eskom se kragstasies in Grabouw besoek. Daar het hulle meer van hidro-elektrisiteit en kragopwekking geleer. Hulle het meer van Grabouw se palietstasie geleer en wat it doen. Die indrukwekkendste was die groot masjiene waarna hulle gekyk het en ook hoe hulle werk. Dit was ‘n baie leersame en lekker dag vir almal.
skeinat palmiet uitstappie

SHAKESPEARES WORKSHOPS
Cape Heart Community and Education Theatre Company visited our school on Thursday 23 July. They presented an “Introduction to Shakespeare” workshop based on “Romeo and Juliet” to grade 8,9 and 10 Home Language learners.  They also presented an “Othello” workshop to grade 12 Home Language learners.  What an experience!

English First Additional Language matrics at Artscape to watch their prescribed play, “Nothing but the Truth”  7 May 2015.

 

The Matric students who take English First Additional as a subject at Mrs van Vuuren, were privileged to attend a show in Artscape on Thursday, 7 May. The show was on their prescribed reading play, “Nothing but the Truth.” It was a good revision excercise on the play before the big exams start. The class also had a good time to bond and socialize at Canal Walk. Afterwards, everyone went to their favourite restaurants.
It was a lovely day and the Matrics want to thank Mrs van Vuuren, Mrs van Papendorp and Mr Alberts who joined and accompanied them on the trip to Cape Town.
Nothing but the truth

 

UITSTAPPIE NA DIE MAYNARDVILLE-OPELUG TEATER -2015
Maandag, 9 Februarie, het twee busse vol Hoërskool Swellendam-leerders na Kaapstad vertrek om na ‘n buitelugvertoning van Shakespeare se Othello te gaan kyk. Hulle het direk na skool vertrek. Daar was al menige Shakespeare opvoerings by hierdie teater vertoon. Hierdie groep leerders is almal geïnteresseerd in teater as kunsvorm en hul liefde vir die Engelse taal het gemaak dat hulle baie uitgesien het na hierdie uitstappie.
othello uitstappie

 

Die Direkteur, Fred Abrahamse, het die opvoering op ‘n kreatiewe manier ‘n Afrika-gevoel gegee terwyl hy gehou het by die tipiese Shakespeare taalgebruik en atmosfeer. Die professionele verhoog en beligting in die verskillende tonele het op ‘n effektiewe manier bygedra tot die atmosfeer van die vertoning. Die kostuums was baie elegant en het by elke karakter gepas. Die opvoering het bestaan uit goeie akteurs soos Muntu Ngubane wat Othello gespeel het. Marcel Meyer het die skurk, Iago, gespeel. Die vertoning het die tema van liefde, passie, jalousie en obsessie perfek weergegee. Die gehoor was vasgevang in hierdie tragiese verhaal. Die produksie was definitief die moeite werd om te gaan kyk.