MUSIEK

16684017_1267096340022163_3182175057723665646_n

Die derde kwartaal is altyd belangrik vir die musiekafdeling en die leerders het aan die volgende aanbiedinge en eksamen deelgeneem:  Ratem Eisteddfod, Unisa Musiekeksamen, Optrede by ATKV-aand by VRT Pitt en graad 12 praktiese Musiek-eindeksamen.

Ratem Eisteddfod:  Die skool het hier uitstekend presteer en deurgaans goud verwerf in al die fasette van musiek vanaf solosang tot individuele nommers.  Die uitslae is as volg:

Dogterskoor, Seunssanggroep en Meisiesanggroep – almal goud.

Die volgende leerders het ook almal goud behaal in hulle onderskeie afdelings:

Jillian John en Mariana van Deventer (Tweesang), Mari Koegelenberg, Tracy-Lee Uren, Jade du Plessis (almal Solosang), Anmari Bruwer, Maret Swart, Jana Muller, Kayla Baartman, Audrey Lee, Arlette Pienaar, Inamari Neethling, Anike Swart (almal Klaviersolo’s), Karla Koekemoer en Annaleen le Roux (Blokfluit).

Hierdie leerders het baie goed presteer ten spyte van ‘n druk program en graad 12-eksamens wat reeds aan die gang was.

Op 4 September het die seunssanggroep, asook Tracy-Lee Uren, Amy Hugo en Kayla Baartman aan ‘n ATKV-prorgam, aangebied in VRT Pitt Laerskool, deelgeneem en hulle besonder goed van hul taak gekwyt.

Baie dankie aan die konstante harde werk van al hierdie leerders.

16939159_1267096823355448_7348611152148898193_n - Copy - Copy - Copy - Copy 16939404_1267096480022149_7289119008639277716_n - Copy - Copy - Copy - Copy