Interskole 2017

m_Hokkie Dogters2017

m_Hokkie Seuns2017

m_Netbal2017

m_Rugby2017

20882356_1433645006700628_5582822415191577710_n20770119_1433644973367298_725270168550941330_n20882147_1433645316700597_90732265191641055_n

20882098_1433645163367279_6160760836278375447_n20841981_1433645226700606_8965023254923020825_n20770125_1433645140033948_3789046714451077342_n

20729334_1433645276700601_2438126435095726960_n20729420_1433645080033954_8023279107947394896_n20768061_1433645366700592_8598367937620151644_n

SKAAKSPAN SKITTER Maandag middag het agt van ons skaakspelers, nl. Marthinus Stapelberg, Gabriel Franke, Ruan Conradie, Jean Lee, JB en Adré Steyn, Brandon Heins en Aanisah Stewart, op Riversdal gaan kompeteer en só Interskole op ‘n goeie noot afgeskop. Dit was maar moeilike wedstryde, maar die spelers het goeie logika toegepas en beslis hul beste gegee. Dit was sowaar ‘n seisoen van skitterende skaak!

m_j_0003

INTERSKOLE REDENAARS
Die afgelope Maandag (14 Augustus) het twee dapper redenaarspanne van Hoërskool Swellendam teen Hoërskool Langenhoven s’n gaan debatteer.
Die Juniorspan het uit Anke van der Straeten, Hanli Franken, Eslé le Roux, Liselle Arlow, Lené Botes en Jaimie-Lee Windvoël bestaan.
Die Seniorspan het uit Anike en Maret Swart, Jeanne- Mari du Toit, Maria en Emily Gugel en Terri-Leigh Meyers bestaan.
Die Swellies het vir onverbeterlike kompetisie gesorg. Die Seniorkompetisie is gewen deur Swellendam en die Juniorkompetisie deur Riversdal.

m_j_0004INTERSKOLE BYBELVASVRA
Op Maandag, 14 Augustus, het ons Junior- en Seniorspanne Hoëskool Langenhoven, oftewel die Dasse, gaan aanvat.
Dit het ongelukkig nie so goed verloop as wat ons gehoop het nie en die Dasse het die rondte oorheers. Volgende keer, Swellies!
m_j_0005 m_7

m_F m_D m_C m_B m_E

m_8_0001

HOFONTPLOF VERMAAK
Op Maandag, 7 Augustus, het die Swellies behoorlik gees vir hierdie jaar se interskole in die “hof” gebou.
Vier Hoërskool Swellendam-leerders en twee personeellede is deur die Matriekraad en VRL van 2017 vir moontlike oortredings aangekla. Die aangeklaagdes kon elkeen ‘n prokureur vanuit die skool kies, wat hulle kon help om die verspotte sake te wen.
Mnr. Van Deventer was die regter en die VRL- en Matriekraadlede het die aangeklaagdes skuldig of onskuldig bevind. Indien hulle skuldig was, is ‘n straf aan hulle toegeken.
Dit was ‘n heerlike aand en beslis ‘n goeie afskop vir Interskole 2017!