MARKDAG

MARKDAG
Ons jaarlikse Markdag is weer vanjaar op Vrydag 13 Oktober gehou. Dit word bedryf deur die gr. 8 & 9 EBW- leerders, Gr.10-Besigheidstudiesleerders en ‘n Gr.10-komitee vanuit die Besigheidstudies-klas.  Hierdie markdag het nou al ‘n instelling geword, nie net by die skoolleerders en onderwysers nie, maar ook in die gemeenskap.  Ons kry reeds ondersteuning van die omliggende skole, ouers, families en besoekers van buite.  Elke jaar verras leerders met hul vindingrykheid en interessante produkte!

Baie dankie aan elke ouer vir jul ondersteuning!!