KOMPETISIES

WISKUNDE EN WISKUNDIGE GELETTERDHEID:

10 leerders dring deur en neem deel aan die tweede rondte van die Wiskunde Olimpiade.3 leerders neem deel aan die Wiskundige Geletterdheid Olimpiade.Yvette Boshoff en Michael Conradie neem deel aan die aanlyn Netwerk 24 Wiskunde kompetisie.Geen uitslae is nog ontvang nie.

wiskunde

SKOLE KOOK:

Vier van ons leerders het die wonderlike geleentheid gehad om aan die VIA SKOLE KOOK- kompetisie deel te neem.  Dit was voorwaar ‘n heerlike ondervinding.  Emily Gugel, Mia Groenewald, Maria Gugel en Ruan Enslin het ons skool trots gemaak!  Hul opdrag was dat hul vis en pak choi moes gebruik.  Hul moes hul gereg so kies dat hul ook al die borge insluit – die borge was Tru Cape, Deeghuys, Nulaid eiers, Bio-Wheat meel, Ceder Mountain Olywe en Willow Creek olies. Heelwat kopkrap het ingegaan om hierdie produkte alles te gebruik en steeds ‘n vyfstergereg voor te berei!  Op die dag het hul ook ‘n onbekende bestanddeel gekry wat hul moes gebruik.  Dit was Appel Schesuan peperkors.  Dit het hul eers in die kombuis gekry en niemand kon toe meer help met idees nie.  Hierdie kokke het op hul voete gedink en hierdie bestanddeel baie slim geïnkorporeer!  Hulle het hul regtig uitstekend van hul taak gekwyt. Nie net was hul spyskaarte besonders nie, hul geregte was ook onoortreflik!  Op die dag was die span van Emily en Mia die wenners.  Baie geluk! Ons  nooi almal van julle uit om hul op TV dop te hou. Dit word in Augustus uitgesaai, aangesien die Gauteng-skole eers na die vakansie kook.

kook