TOUTREK

2017-

TOUTREK PRESTEER IN PRETORIA
Nege van ons leerders het hul vakansie opgeoffer om van Dinsdag, 11 Julie, tot Sondag, 18 Julie, deel te neem aan die SA Kampioenskappe in Pretoria.
Ons kan trots wees op die volgende prestasies:
Adré Steyn – silwer vir die 560 kg
JB Steyn – silwer vir die 720 kg; brons vir die 560 kg en silwer vir die 600 kg in die Plaat-afdeling vir jeug
Andrew van Jaarsveld – silwer vir die 720 kg; brons vir die 600 kg in die President-afdeling
Ruan Jacobsz – silwer vir die 720 kg vir mans
Dewahl Beck – silwer vir die 560 kg; goud vir die 720 kg in die President-afdeling
Donald Hayes – brons vir die 560 kg; brons vir die 600 kg in die Premier-afdeling; silwer vir die 720 kg in die President-afdeling
Albert van Zyl – brons vir die 560 kg in die Premier-afdeling; silwer vir die 720 kg; goud vir die 600 kg in die President-afdeling
Louw Jordaan – goud vir die 560 kg in die Premier-afdeling

Swellies se naam is beslis hoog gehou – inderdaad Altiora Semper (altyd hoër)!

 

TWEEDE KWARTAAL
Ons sluit die toutrekseisoen af met ‘n Bring en Braai by die skool.  Die afrigters sê elkeen wat die afgelope seisoen vir hulle beteken het en lig ook die ouers in waarheen hul op pad is met die skool se toutrek.
Leerders wat wil, sluit nou aan by die senior toutrek en oefen Dinsdag- en Donderdagaande by die skool.
9 seuns gaan in die vakansie deelneem aan die senior SA-toutrekkompetisie in Pretoria.  Baie dankie vir almal wat dit vir die seuns moontlik maak om daar te gaan deelneem.  Dankie ook vir mnr. Cornelissen wat die seuns gaan vergesel.
Baie dankie aan die ouers wat ‘n geslaagde hamburger-verkope die kwartaal gehou het vir die seuns.
Baie geluk aan Karla Koekemoer wat gekies is om SA te verteenwoordig in Zambabwe en Charne Goosen en Eliska Pienaar wat SA in Engeland gaan verteenwoordig.  Uitstekende prestasies waarop ons baie  trots is.

EERSTE KWARTAAL
Dit gaan goed met ons toutrek.  37 trekkers oefen baie hard onder leiding van MC Willemse, Johantjie Booysen, Michael Lourens en Pine Pienaar.  Hulle het baie goed gevaar by die kompetisie wat aangebied is deur Bontebok Primer.  By die Eden-kampioenskappe  is die volgende plekke behaal:

Dogters 440 Goud
Dogters 480 Silwer
Seuns 480 en 400 Brons
Seuns 560 Silwer
Seuns 440 Goud
Op 23 – 25 Maart 2017 het 15 spanne deelgeneem aan die SA-kompetisie, te Helderberg.
Die uitslae was as volg:
Seuns:  400 Goud
480 Silwer
560 Brons
440 vierde plek
Dogters: 440 vierde plek
480 7de plek
520 vyfde plek
Baie geluk aan al die seuns en dogters met jul mooi uitslae. Baie dankie ook aan al ons afrigters vir al hul hulp en moeite met die seisoen se afrigting. Ons waardeer julle insette!