ROLBAL

7

Baie geluk aan Brandon Hains (links) en Pieter Marais (regs) wat gekies is vir die Overberg 0’15 span. Hulle speel 29 en 30 September op Oudsthoorn in die Envar Buys Toernooi. Juf Brown is ‘n spanbestuurder.

 

Chris Calder Jeugdag Rolbal: SW Willis, JB Steyn, Ben Meyer, Brandon Hains, Pieter Marais en Adré Steyn (ook Petrus Willis van Olyfkrans en Xander Germishuys van LS) het Saterdag 16 Junie deelgeneem. Elke leerder het met 2 volwassenes gespeel.
Baie geluk aan Pieter Marais se span wat eerste gekom het.
Pieter is ook aangewys as die Jong Speler van die toernooi-beste spel, rolbaletiket en maniere. Ons is baie trots op hom!!

4

ROLBAL OP DIE BOL
Ses van Hoërskool Swellendam se leerders het vanaf  29 Maart tot 6 April die Bolandspan verteenwoordig by die interdistrikte toernooi te Bloemfontein.

Die spelers is as volg: Ben Meyer, JB en Adré Steyn, Pieter Marais, Brandon  Heyns en Xander Geldenhuys. Ons leerders het waarlik uitstekend gevaar deur in die top 10 uit altesaam 43 spanne te eindig – en hulle het boonop die Plaat-trofee ook gewen!

Baie geluk met hierdie puik prestasie! Baie dankie ook aan me. Brown wat hulle vergesel en dit gereël het.

ROLBAL 1

ROLBAL 8

ROLBAL 3

ROLBAL 4

ROLBAL 2

ROLBAL 9

KWARTAAL 1
Hierdie kwartaal was weer eens ‘n besige kwartaal op die rolbalperk met 10 gereelde spelers.
Ons leerders neem al meer deel by die Rolbalklub: hetsy Saterdae spel, klubkompetisies, ope dae sowel as Boland-kompetisies.Hulle en hul ouers het ook baie hard gewerk tydens die onlangse Besigheidsliga om geld in te samel vir die Jeugfonds. Ons sal graag ook ‘n paar dogters op die baan wil kry!
Daar is vroeg Januarie finale Boland-proewe gehou vir die O/15 en O/20 Interprovionsiale toernooie wat komende vakansie van 2 – 6 April in Bloemfontein plaasvind.

Baie geluk aan die volgende spelers wat  gekies is:
O/15- Adre Steyn, Pieter Marais, Brandon Hains
O/20- JB Steyn en Ben Meyer
Juf. Brown vergesel die spelers as ‘n spanbestuurder.

rolbal

rolbal2 rolbal3 rolbal4 rolbal5

JB Steyn

JB Steyn

Adre Steyn

Adre Steyn

Cobus Steyn

Cobus Steyn

Ben Meyer

Ben Meyer