VCSV

Met Jana Muller as voorsitter en Chanelle van Antwerpen as ondervoorsitter is hulle en hul span van 50 kringleiers reg om ‘n verskil te  maak in elke leerder se lewe. Ons is baie bevoorreg om ook vir dominee Nico van der Walt aan die bestuur van sake te hê. Hy help die kringleiers om,  elke Donderdag, ‘n gepaste boodskap aan die skool te lewer. Een keer ‘n kwartaal is daar ‘n Koffiekroeg van 18:30- 20:30. Hier kan die leerders ontspan en ‘n boodskap saam met hulle neem wat op ‘n kreatiewe wyse deur Ds. Nico aan hulle gelewer word. Daar was ongeveer 40 leerders gedurende die eerste Koffiekroeg en ons moedig almal aan om dit nie mis te loop nie!