FLIEK-AAND

LIGTE, KAMERA, AKSIE!                                      

Met ligte bedoel ons maanlig, want die Swellies het `n buitelugfliek gehou! Vrydag, 25 Januarie, het Hoërskool Swellendam `n fliekaand aangebied op die sportgronde. Die hele gemeenskap was uitgenooi om hul komberse en piekniekmandjies saam te bring en die aand saam met ons te geniet.
Daar was groot opwinding onder die fliekkykers gewees. Snelgereed, snoesig toegedraai in komberse en reggeskuif tussen kussings, met koffie in die hand – wag Swellendam dat die rolprent begin speel. ‘‘Sherlock Gnomes’’, Swellies is gereed!
Omdat die son eers laat sak, was daar eers lekker musiek gespeel en gedans voor die fliek begin het. Dit was ‘n aand wat almal, oud en jonk geniet het. Baie dankie aan Mnr Cornelissen en Mnr Janse van Rensburg vir die organisering van die aand. Ons sien uit na nog baie aande soos die!

FLEIKAANDFLEIKAAND 2

FLEIKAAN3