SOCCER BASH

Hoërskool Swellendam beoog om Woensdag, 13 Maart, ‘n sokker bash vir hul leerders aan te bied. Mnr Cornelissen het met behulp van die matriekraad en hulpvaardige matrieks, 16 kapteine geïdentifiseer. Elke kaptein het Maandag, 4 Februarie, tydens saal ‘n landsvlag getrek. Elke span moet hierdie land op die beste van hul vermoë verteenwoordig, daar is ‘n prys op die spel vir die span wie se drag die beste is!

Mnr Cornelissen het dit goed gedink om Laerskool Swellendam ook by die dag te betrek en 32 graad 7 leerders gaan saam met die Swellies die dag geniet! Daar is 12 leerders in ‘n span, ‘n doelwagter is opsioneel. Om dit regverdig te maak moet daar uit elke graadgroep, graad 7- graad 12, een seun en een dogter wees. Geen reserwes word toegelaat nie, gewillige personeellede staan met graagte in vir beseerde leerders!

Die kapteine van die spanne/lande is as volg: Franco Munnik (Mexico), Jondrey Dimingo (Croatia), Jaydin Windvogel (Duitsland), Lianne Steyn (Frankryk), Andrea Auret (Amerika), Maria Gugel (Engeland), Yvette Boshoff (Egipte), Ammezine Jansen (Argentina), Kyle Seconna (Spanjé), Tracey-Lee Uren (Rusland), Al-Jay Fredericks (Portugal), Maret Swart (Brazil), Mia Groenewald (België), Luciano Prestorius (Japan), Jenoven Windvogel (Italië) en Keanu October (Suid-Afrika).

Ons sien baie uit na Hoërskool Swellendam se EERSTE sokker bash. Kom en geniet hierdie prettige dag saam met 160 Swellies, dit gaan ‘n fees wees! Mag die beste span/land wen!

Sokker bashsoccerbash

Die kapteine van die sokker bash spanne met die lande wat hul verteenwoordig.