KRIEKET

Sterkte aan Wilfred Sefoor wat Sondag as deel van die Oos-Boland krieketspan gaan speel in die Paarl teen Sentraal. Hierdie wedstryd en volgende naweek se wedstryde sal dan gebruik word om die winter oefengroep te kies vir die Bolandspan.
Jacques Carolus sal moontlik ook volgende naweek die kans kry om as deel van die span te speel.
Sterkte aan die twee seuns.

wilfredONOORWONNE  KRIEKETDOGTERS!
Die 0/19 krieketdogters het Donderdag, 31 Januarie, teen Hoërskool Robertson gespeel. Swellendam het die wedstryd gewen met 73 vir 2, en Robertson het ‘n telling van 61 vir 5 behaal. Die beste kolwers was Me-Ann Baartman en Andrea Auret, en die beste bouler was Annelize Jacobs. Baie geluk aan ons dogters wat nog onoorwonne hierdie seisoen is.

kriekedogters

KRAGTIGE KRIEKET
Donderdag, 31 Januarie, het die o.19 seunskrieketspan teen Montagu gespeel. Montagu het 172 lopies aangeteken. Die beste bowlers was Kyle Seconna met drie paaltjies, Chadwin Verwey en Franklin Stuart met beide twee paaltjies. Ons kon ongelukkig nie die totaal afgeslaan het nie en het die wedstryd verloor. uitblinkers met die kolf was Wilfred Sefoor met sy goeie kolfwerk en het 30 lopies verdien.

krieketseuns

KRIEKET KRAAI KONING!

Woensdag, 23 Januarie, het Hoërskool Swellendam se 0/19 krieketspan tuis teen Hoërskool Robertson gespeel. Robertson het gekies om eerste te kolf. Die Swellies het hulle beperk tot 125 lopies met uitstekende boulwerk van Jaydon Windvoël met 3 paaltjies en wat 17 lopies in 4 boulbeurte afgestaan het en Kyle Seconna met 4 paaltjies en slegs 3 lopies in 2 boulbeurte afgestaan het.

Swellendam het goed begin met goeie samewerking van Handre Buis en Wilfred Sefoor wat 60 lopies gelewer het. Wilfred het aangekolf en het sy 50 tal gekry. Hy was goed geondersteun deur Jaques Carolus met 31 lopies. Swellendam wen die wedstryd met 7 paaltjies!

Dankie aan al die Swellies wat ons krieketspelers kom ondersteun het, julle ondersteuning het hulle tot die einde gedra. Ons is baie trots op ons krieketmanne wat vasgebyt het in die hitte en goeie samewerking op die veld getoon het. Die seisoen het beslis op ‘n hoë noot afgeskop, hou dit so manne.

0.19krieketsuens