TOUTREK

69205681_2365873606811092_6814502202548158464_nCharne Goosen, Eliska Pienaar en Anais van Heerden het aan die Toutrek Wêreldkampioenskappe in Ierland gaan deelneem.

39 SEUNS EN 19 MEISIES het die kwartaal aan toutrek deelgeneem.
Met ons deelname aan die SWD/Eeden-kompetisie het ons 8 medaljes verower:
520 gemeng (4 seuns en 4 dogters) wen goue medalje
Dogters:
440kg verwerf silwer
520kg B-span verwerf Goud
520kg A-span verwef Brons
480kg A-span verwerf Silwer
Seuns:
400kg B-span verwerf Goud
400kg A-span verwerf Brons
560kg A-span verwerf Brons
Met ons deelname aan die SA-kompetisie te Oudtshoorn het ons 6 medaljes verower:
520 gemeng verower ‘n silwer medalje
Dogters  :  480kg verower silwer
520kg verower nie ‘n medalje nie, maar behaal 5de plek uit 14 spanne
Seuns  :   400kg A-span verwerf Silwer
400kg B-span verwef Brons
440kg verwerf Brons
480kg verwerf Brons
560kg-span verwerf nie ‘n medalje nie, maar behaal 5de plek uit 15 spanne
Baie dankie aan MC Willemse, Pine Pienaar, Mauritz Lambrechts, Anton en Kobie Gerber en Herman Joubert vir ure en ure se moed inpraat, harde werk, geduld en werk met ons kinders.  Ons waardeer wat julle elkeen gedoen het. Ons kan jul nooit met geld hiervoor beloon nie. Glo ons net as ons sê DANKIE!
Baie dankie aan Mariska Pienaar vir die organisering van die “kombuis” by elke kompetisie.  Dankie vir die reël van tente ens. Jy maak dit vir elke ander ma so maklik.  Dankie vir elke ouer wat gehelp het om sy/haar kind by kompetisies te kry.  Baie baie dankie ook vir elkeen wat in die kombuistent kom werk het.  Sonder u kan die trekkers nie funksioneer nie.
Dankie vir ys, seile, afdakkies, stoele ens. wat ouers aangery het. Ons waardeer dit baie.
Ons kan ook niks doen sonder ons borge nie:  Baie dankie aan die volgende:
BVSA vir ons baie mooi hempies
Rian Gagiano van Auto Superb vir hoedjies
Gerrie Engela van Nexus vir die broekies
Route 62 van Barrydale vir die dogters se truie

Overberg-toutrekbyeenkoms
60 trekkers het deelgeneem aan die Overberg-toutrekbyeenkoms. Daar is 9 goue, 7 silwer en 7 brons medaljes verower.  Ons u trots op hierdie prestasie en sien uit na die kompetisie hierdie naweek in George. Weer baie dankie aan Riaan Gagiano wat  ons keppies hoedjies geborg het en BVSA wat ons T-shirts geborg het. Ons is regtig baie dankbaar. Die broekies wat deur Gerrie Engela geborg word, is nog by die verskaffers.
t3
t2
t1

TOUTREK 2019
Hierdie sportsoort, glo ons, gaan ook weer in 2019 ons leerders fisies en geestelik ontwikkel. Net ‘n toutrekker weet watter eise hierdie sportsoort aan ‘n deelnemer stel.  (Net ‘n “ma” weet wat dit vra om ‘n seun en ‘n dogter vir toutrek te laat dieet.)

Dankie vir Pine Pienaar, MC Willemse en Mauritz Lambrechts wat reeds in die afgelope kwartaal met die leerders begin oefen het. Ons hoop regtig dat daar baie leerders in die eerste kwartaal van 2019 by ons sal aansluit.  Daar wag groot en lekker “dinge” op elke toutrekker.
Onthou:  Ons het net een fondsinsamelingspoging, naamlik die hamburger-verkope.  Verder is elke leerder vir sy/haar eie onkostes verantwoordelik.  Moenie sê u het nie geweet nie:  Sit elke maand R200 (ten minste) weg vir u kind se toutrek.  As u dit doen, behoort u teen einde Februarie R800 te gespaar het.
Teken die volgende datums in u dagboek aan:
1 Februarie  =  “hamburger”-verkope vir ons deelname aan kompetisie
16 Februarie  :  Overberg by Suurbraak
23 Februarie  :  Overberg-Eden by Van Kervel, George
8,9 Maart  :  SA’s – Oudtshoorn
Daar kan nog oefenkompetisies bykom, waarvan ons nog nie weet nie.  Die trekkers is ook vir elke kompetisie vir hul eie petrolgeld verantwoordelik.