FIETSRY

Baie geluk aan Streicher Swart wat sy WP-kleure vir FIETSRY verwerf het. Streicher sal die Westelike Provinsie by ‘n inter-provinsiale kompetisie op 25 September 2021 in KZN verteenwoordig. Baie geluk, Streicher; ons weet jy geniet dit baie.

Streicher Swart het op Saterdag 22 Mei 2021 die skool verteenwoordig en aan die Spur League te Durbanville deelgeneen. As gevolg van Covid was dit n “time trail” – formaat. Streicher het baie goed gevaar en n 6de plek in sy ouderdom behaal! Baie geluk Streicher ons is trots op jou!

No photo description available.

Streicher Swart het die naweek 7 Mei 2021 deelgeneem aan die 4de rondte van die Western Cape Cross Country se fietskompetisie. Hy het ‘n baie goeie 2de plek verower. Baie geluk Streicher. Ons weet jy geniet dit en daarom presteer jy goed. https://www.facebook.com/1404179459884536/posts/2594909394144864/?sfnsn=scwspwa