SLUITKASSIES

SELFOONSLUITKASSIES:

Ons doen ‘n dringende beroep op ouers en leerders om hul te vergewis van die skool se selfoonbeleid vir 2020. Die beleid is deur die SBL hersien en is beskikbaar op die Communicator en die skool se webblad.

Leerders mag geen selfone of slimapparate gedurende skooltyd in hul besit hê nie. Selfone moet toegesluit word gedurende skooltyd. Selfoonsluitkassies is deur die skool aangekoop en word aan leerders verhuur. ‘n Selfoonsluitkassie word teen R80 per jaar verhuur. Vir meer besonderhede, skakel gerus met mev. Anel Olivier by die finanskantoor.                                                                                                                     

LOCKERS / SLUITKASSIE:

Die skool het  lockers/ sluitkassies aangekoop vir leerders wat van hul boeke of sportklere daarin wil stoor. Die sluitkassies sal te huur wees teen R400 per jaar. As daar enige ouers/leerders is wat belangstel, kan jul met mev. Olivier skakel.