INTERACT KLUB

Anmari Bruwer, Ané Wolfaardt, Klara van Niekerk en  Kari van As

Die Interact Klub het hulle eerste vergadering vir 2021 gehou. ‘n Nuwe bestuurspan is gekies en hulle is gereed om met 2021 se uitreike te begin met die “nuwe normaal”.

Die span is as volg:

Voorsitter: Ané Wolfaardt
Onder-voorsitter: Klara van Niekerk
Tesourier: Anmari Bruwer
Sekretaresse: Kari van As

Die Interact Klub het met hulle eerste uitreik vir 2021 begin! Hulle is na Laerskool Swellendam se nasorg toe om die Paasfees-boodskap te vertel. Na die tyd het die kindertjies ‘n opwindende skattejag na paaseiers geniet. Daar was ook’ n spesiale goue eier op die spel! Dankie aan almal wat hierdie Covid-veilige uitreik moontlik gemaak het.

Die interact club is deel van die Rotary club van Swellendam. Met min of meer 20 lede maak hul ‘n verskil in die gemeenskap. Onderleiding van die bestuurspan besluit die club aan watter liefdadigheidsprojekte hulle gaan fokus vir die jaar. Die groep leerders het verlede kwartaal die paasboodskap en ‘n opwindende paaseier soektog by Laerskool Swellendam se nasorgsentrum gehou. Dit was ‘n klein projek,maar dit was ‘n goeie begin vir die jaar. Ons is baie dankbaar vir die aantal Graad 8 leerders wat deel wil wees van die interact club, hulle gaan addisionele klein projekte aanpak.