MNR & MEJ HOëRSKOOL 2021

Die jaar kán net mooier! Ten spyte van alles wat die jaar gebeur het, het Swellies nooit ophou skyn nie. Mnr. en Mej. Hoërskool Swellendam het die jaar plaasgevind oor sosiale media. Alhoewel dit baie anders was, was dit steeds baie sprokiesagtig. Daar het 12 Graad 11-leerders die geleentheid gehad om hulle talente, belangstellings en  persoonlikhede uit te beeld met behulp van kreatiewe video’s en foto’s, alles met behulp van Ms Elzette Berndt en haar kreatiewe idees. Leerders wat die platform “Instagram” gehad het, kon hulle eie Mnr. en Mej. Hoërskool kies. Baie geluk aan Eslé le Roux en Ronaldino Jonkers wat gekroon is as Mej. en Mnr. Hoërskool Swellendam 2021! Ons sien uit om te sien hoe julle met julle pragtige persoonlikhede ‘n verskil gaan maak in ons omgewing. ’n Spesiale dankie aan al ons borge wat die geleentheid moontlik gemaak het. Baie dankie aan Ms Berndt vir al die tyd, opoffering en kreatiwiteit om die geleentheid moontlik te kon maak. Sterkte en weereens baie geluk aan ons wenners, ons weet julle sal Hoërskool Swellendam se naam hoog hou