OUERKOMITEE

Baie dankie aan die ouerkomitee van 2020 wat ‘n ongelooflike werk gelewer het.  Baie dankie aan mev. Marinda Boshoff wat hierdie jaar die span gelei het as voorsitter. Mev. Hannelie Lourens  het aangedui dat sy in 2020 die span sal lei en ons wil spesiaal dankie sê dat sy kans sien om as voorsitter te lei en voor te vat. Mev. Marinda Boshoff sal haar help en ondersteun. Dit was hierdie jaar besonder maklik en lekker om saam met die ouerkomitee te werk. Baie dankie vir elke ouerkomiteelid wat hierdie jaar die skool op vele terreine gehelp het. Dankie vir al jul tyd, moeite en opoffering. Ons waardeer dit opreg!