GHOLF

Die Gholfseisoen, teen ander skole in ons streek, kon weens COVID-regulasies nie plaasvind nie.  Ons kinders het egter nog steeds bly oefen en het ook teen mekaar gespeel.  Ons is baie trots op Andrè Loots wat nuut by ons groep aangesluit het en dan sommer ook die wenner was, van Afdeling C, van die Swellendam gholfklubkampioenskappe.  Ons wil spelers aanmoedig om aan te sluit by die gholf-groep.  Mnr. Kobus van Loggerenberg oefen, in die 2de kwartaal, op ‘n Maandag, vanaf 16:00 met hulle.

Een van Hoërskool Swellendam se nuwe gholfspelers het Saterdag, 27 Maart en Sondag, 28 Maart ‘n toernooi gewen by die Swellendam Gholfklub. André Loots het in die C-Afdeling deelgeneem en het ‘n totaal van 36 gate gespeel oor die twee dae. Hy het ‘n totaal van 68 punte gekry en het toe die C-Afdeling gewen. Baie geluk André!

2020-Die Gholfspan het op 25 Februarie teen Bredasdorp gespeel.