ROLBAL

Ons Swellies speel mooi op Barrydale….Boland Jnr Pare. Luan Smit & Hanli Franken en Ruben Lubbe (& Pieter Marais)

Rolbal was van die min sportsoorte wat, met korrekte Covid-protokol, as skolesport kon voortgaan. Daar is tans 6 gereelde spelers. Ons is bly daar is ook nuwe spelers wat by ons aangesluit het.Ons kon 6 oefeninge afhandel (Dinsdae 15:00): afrigting, verskillende spelformate en kort wedstryde.Die laaste oefening van die kwartaal was afgesluit met ‘n “Bejaardes” vs “Youngsters” wedstryd … gelukkig kon die “Bejaardes” darem 2de kom!Ruben Lubbe het op 6 Maart deelgeneem aan die Boland Junior-enkels.Op 8 Mei is daar ook geleentheid vir die leerders om in te skryf vir Boland Junior-pare.Ons sal graag nog spelers wil verwelkom!

Vergeet maar van “dis vir ou mense”….hierdie is ‘n sport vir ALMAL!
Voordele:
Oefen jou hele liggaam (sonder om te draf!)
Nie-kontak sport
Speel individueel of in spanverband
Hele familie kan deelneem
Baie min koste en toerusting benodig
Ons speel dwarsdeur die jaar!

Swellie Rolbal het ‘n trotse rekord. Ons het nog elke jaar sedert 2010 minstens 1 Boland speler opgelewer….
Ons leerders kan saam met klublede speel, deelneem aan Boland kompetisies en die Envar Buys Toernooi vir leerders speel waar ons as Overberg deelneem.
Jeugrolbal het so toegeneem dat daar reeds Boland Jnr kompetisies vir skoolleerders geskep is.
Indien leerders Boland kleure verwerf (0’15 of 0’20) dan neem hul deel aan die Interdistrikte Toernooi te Bloemfontein teen jong spelers van regoor Suid-Afrika.
In 2019 was die jongste deelnemer by die toernooi 9 jaar oud!

Ons oefentyd is Dinsdae 15:00- 16:00.
KOM SPEEL GERUS!!