RUGBY

Die honger wat 2019 in ons wakker gemaak het is GROOT. Na die staat ons toegelaat het om weer te kan rugby oefen en speel, is ons as rugbyafrigters in die skool baie opgewonde vir die seisoen wat voorlê. Ons het reeds begin oefen. Die spelers wat betrokke is in somersport , soos toutrek sal na afloop van hul seisoen by ons aansluit. Die vooruitsig van wedstryde wat in kwartaal 2 kan plaasvind is werklik iets om na uit te sien.

Ons oefen twee dae ‘n week tot aan die einde van die eerste kwartaal. Die oefening neem toe, na drie dae ‘n week, in kwartaal 2 – Maandae, Dinsdae en Donderdae om 15:30. Ons wil graag AL die seuns uitnooi om te kom speel. Die wat al baie seisoene gespeel het en die wat nog nooit gespeel het nie -ALMAL IS WELKOM.

Kondisionering is baie belangrik en almal word aangemoedig om dit so deeglik moontlik, ook op jou eie tyd gedurende die vakansie aan te pak. Die terugkeer van al die spelers, soos die somersporte klaarmaak het die afrigters behoorlik aan die gons en ons kan nie meer wag om volgende kwartaal voluit aan te pak nie! Dit is ons wens en hoop dat soveel moontlik seuns betrokke wil raak en by ons kom aansluit vir RUGBY 2021.