RUITERSPORT/PERDRY

Baie geluk aan Mia Streicher met die volgende prestasies by die Swellendam Landbouskou:
Reserwe Kampioen 3 gang Tradisionele Boerperd.
1 ste plek Ruiterkuns o’19 jaar oud

Julindie van Brakel het vanaf 27 – 29 Februarie aan Swellendam se Landbouskou met deelgeneem.
Sy het weer in 11 klasse gery met 3 perde.
Haar uitslae is as volg: 6 eerste plasings, 2 tweede plasings en ‘n 5de plasing.
Sy ry weer in die Tradisionele Driegang Kampioenskapklas en word 3de geplaas.
Sy word as die kampioen in die Tradisionele Siertuigklas aangewys.

Julindie van Brakel ry in 14 klasse met 4 verskillende perde gedurende die Wes-Kaapse Boerperd Streekskou wat vanaf 19 – 22 Februarie op Riversdal plaasgevind het. Sy behaal die volgende uitslae: 1 derde plasing, 3 tweede plasings, 7 eerste plasings. Sy neem aan 3 Kampioenskapklasse deel waar haar uitslae as volg was: ‘n 3de plasing in die Tradisionele Siertuigklas, 3de plasing in die Tradisionele Vertoonperdklas  en sy tree as die Kampioen in die Tradisionele Driegang Ryperdklas uit. 

Julindie van Brakel: Riversdal skou

Julindie van Brakel het op 14 – 15 Februarie aan Heidelberg Skou deelgeneem. Sy behaal 3 eerste plekke, 1 tweede plek en in die Ope Kampioenskappe was sy Reserwe Kampioen. Baie geluk

On Saturday 8 Feb. Nimya Venter presented Swellendam High school and competed in the SANESA(South African National Equestrian School Association) Dressage tests held at Stellenbosch riding club. She got 1 st and 2 nd place among the Overberg high schools.Congratulations Nimya!

Nimya Vente
Nimya Vente