KRIEKET

Baie dankie aan elke speler wat so getrou kom oefen het. Dit was baie lekker om julle hierdie kwartaal af te rig. Ons het die kwartaal seker die meeste spelers by oefeninge gehad. Hoop ons kan dieselfde geesdrif in die 4de kwartaal beleef.
Gedurende die kwartaal het ons die spelers in spanne verdeel en onder mekaar wedstryde gespeel.  Graag deel ek dan wie die beste spelers in die onderskeie katagorieë is.

Beste kolwer:  Ruben Maré met ‘n gemiddeld van 34.

Beste bouler:  Ruben Maré, 9.1 beurte, 30 lopies afgestaan, 7 paaltjies

Beste veldwerker:  Grandley Booise

Beste vordering: Jeandré Evertson

KRIEKET OEFENWEDSTRYD
As gevolg van Covid-19 kon Hoërskool Swellendam se krieketspelers  geen wedstryde teen ander skole speel nie. Vir oefening het ons krieketspelers in spanne van 2 verdeel (O/15 en O/19 gemeng ) en ‘n wedstryd gespeel wat op Donderdag 25 Maart begin het  en op 31 Maart geëindig het. Span 1 het Donderdag 25 Maart eerste gekolf, maar Span 2 kon eers Woensdag 31 Maart kolf a.g.v. reën. Span 1 het hulle kolfbeurt geëindig op 111/9 in hul  30 boulbeurte. Span 2 het Woensdag 31 Maart hul kolfbeurt begin. Hulle het hul kolfbeurt geëindig op 89/9.