VCSV

Die VCSV kleingroepe het na ‘n lang tyd weer begin. Heel gepas op Hemelvaart, 13 Mei 2021.
In groepe van sewe met onderleiding van hul kringleier word daar elke week op ‘n spesifieke geestelike onderwerp gefokus. Die onderwerpe is relevant vir die hedendaagse tiener en kan daar geestelike groei plaasvind in elke individu. Met die 45 leerders wat hulself beskikbaar gestel het om ‘n kringleier te wees, is dit die meeste wat daar in ‘n langtyd was.
Ons is opgewonde om te sien dat daar soveel leerders is wat die Woord van God wil verkondig.