Huis Excelsior

Jou tuiste weg van die huis

Welkom by Huis Excelsior waar ons leerders help groei en ontwikkel in jong selfstandige volwassenes. "Koshuis brood maak ysters groot."
Kontak ons

Die pad vir sukses

Gekontroleerde studie

Een van die groot voordele om u kind koshuis toe te stuur is dat daar gekrontoleerde studie is. Studie vind plaas vanaf 15:00 - 16:00 en dan van 19:00 tot 20:00 en weer 20:15 tot 21:00. Ekstra studietye is ook op versoek beskikbaar. Leerders kry lekkernye tydens breuke, maar matrieks mag egter alleen in hul eie kamers studeer.

Dissipline en kos

In die koshuis ontvang die leerders gesonde en voedsame kos. Kos word deur Kurt van Wyk, die koshuissjef voorberei. Streng dissipline word ook in die koshuis toegepas. Die koshuis is dus 'n gekontroleerde omgewing waar leerders hul potensiaal kan bereik.

Ontspannings aktiwiteite

Diensdoeners

Meer inligting

By Huis Excelsior gee ons kinders verskeie geleenthede om hulself te geniet, maar ons maak seker dat hulle by hul sport en akademie uitkom. Daar is ook vele sosiale aktiwiteite waar ons die kinders aanmoedig om tyd te spandeer saam met hul vriende. Op Woensdae kry die leerders die geleentheid om dorp toe te gaan en daar is ook nagereg na ete.
Kontak ons
Mnr Reinier Janse van Rensburg (Superintendent)
Mnr Ramone Claasen
Me Elzette Berndt
Me Stella Van Loggerenberg
Mnr Thian Botha

 AANSOEK EN  KOSHUISGELDE

Indien u belangstel om u kind by die koshuis te laat aansluit kan die onderstaande aansoekvorm ingevul word. Voltooide vorms moet per e-pos na die kantoor gestuur word (ontvangs@swellendamhs.com). Aansoeke sluit gewoonlik in Desember van die vorige jaar.
Die koshuisgelde is vasgestel op R24 750(R2 475 per maand vir Januarie - Oktober). Die eerste paaiement van die koshuisgeld is reeds in Desember van die vorige jaar betaalbaar.
Aansoekvorms

Mnr. R Janse Van Rensburg

Koshuisvader
Kontak die koshuis indien daar enige navrae is.

Kontak

Buitekantstraat 29, Swellendam, 6740
Tel: (028) 050-2763
Sel: (083) 681-7449
Copyright © 2025 Hoërskool Swellendam.
Designed by Innovate Triumph Design Studio
Updated by Swellendam High School
homegraduation-hatphonedinnercrosstext-align-right